Baie welkom...
Gedurende die laaste dekade was daar nie baie wat die lang vlug hierheen aangedurf het nie. Geld, visums, die vrees vir vreemde (en vliegtuie!), die koue, en baie ander faktore het dit vir mense moelik gemaak om te kom kuier.
Maar nou...
Is dit als iets van die verlede. Nou kan jy maar gerus ons druppel behoorlik deur trap met al jou gereelde besoeke aan ons. (Is die intenet nie 'n wonderlike ding nie?)
Dus baie welkom by ons webtuiste. Geniet die kuier en hoop dat ons jou binnekort weer as ons gas sal kan ontvang!
Willem
Maak jou tuis in ons web-woonkamer!
Ons kan sien dat jy brand van
nuuskierigheid om te verneem hoe dit met ons gaan en die
jongste nuus te verneem (Veral as jy ons laaste nuusbrief/ e-pos nie eens meer kan kry nie, omdat dit al so lank
gelede gekom het). Wel, nou is nuus net 'n
paar drukkies weg. So maak seker dat jou 'vaal' oomblikke in die
kantoor of tuis word 'n kuier in die Oekraine.
Ons wil
graag maksimaal ons kuiertyd benut deur dinge waaroor ons wonder met
jou te bespreek. Ons is oortuig dat jou wysheid en ervaring vir ons
tot nut kan wees: "Gesels saam, leer saam".
As jy net lekker wil terugsit en fotos
kyk of musiek luister, dan is hierdie die plek vir jou. Jy kan kies uit 'n verskeidenheid van albums na watter foto-album jy wil kyk. Jy kan ook na liedjies
van Willem se musiek CD NuweDag in mp3-formaat luister.
Daar is sake waaroor jy nie openlik jou opinie sou wou opper nie. Maar het jy al gewonder of ander nie ook maar soos jy maak nie? Hierdie is die plek waar jy kan kyk hoe mense oor onder andere die volgende vrae dink:Ons webjoernaal: Nuusbrokkies
Ons geselsplek: Besprekingsforum
As jy nie van ons vrae hou nie, kan jy ook jou eie vrae opper. So jy hoef nie ons woonkamer te verlaat met 'dinge op jou hart' waaroor nie gesels is nie. So besoek ons forum en laat ons jou opinies hoor!











bravenet.com